Home » preke » Sondag 2 Augustus 2020 Stephan Briel

Sondag 2 Augustus 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Berg van Versoeking

Lees: Luk 4:1-13.
Fokus: Luk 4:3,10.

Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, langs die weg van nederigheid, diens en lyding.

  • Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is….” (Luk 4:3,10).
  • Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaaf nie, nie deur sy mag en gesag uit te oefen nie, maar langs die weg van nederigheid, diens en lyding.
  • Die regte gesindheid om die versoekings van die duiwel te kan weerstaan en om geestelik te kan groei, is: Fokus verskuif weg van (1) fisiese behoeftes, (2) aardse dinge, en (3) weg van myself af.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat is die sleutel tot die verstaan van die duiwel se versoekings?
  • Wat leer Jesus se reaksie op elke versoeking vir ons aangaande wie Hy is en hoe ons Hom moet volg?
  • Waar kry Jesus sy geestelike krag asook ons vandag?