Home » preke » Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel

Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Ef 6:10-20.
Fokus: Ef 6:12 (OAV).

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte.

  • Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te mislei.
  • “Kragte” het beide ‘n fisiese sigbare en ‘n onsigbare geestelike kant. Onsigbare demoniese geeste verpersoonlik hulleself in geloofsisteme wat dan tot uitdrukking kom in politieke sosiale strukture van diskriminasie en verdrukking.
  • Die duiwel rig ook vestings op in gelowiges se denke: ‘n Valse manier van dink wat die doel het om jou weg te lei van God se plan vir jou lewe.
  • Die eerste manier waarop Satan ‘n vesting in ons denke oprig is deur “redenasies” (2 Kor 10:4).
  • Toets elke gedagte wat by jou opkom aan God se waarheid vir jou in Christus en moenie in jou denke plek gee aan die leuen nie (2 Kor 10:5).

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoe kom demoniese magte en kragte tot uitdrukking in ons fisiese wêreld?
  • Waar is die hoofslagveld van ons geestelike stryd teen Satan en sy bose magte? Hoekom is dit so? 
  • Verduidelik hoe Satan ‘n vesting in ons denke oprig deur “redenasies”.
  • Watter verantwoordelikhede het ons in die geveg teen Satan? (2 Kor 10:5b)

Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=uGEXJasxWWg