Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2.
Fokus: 1 Joh 1:6-7.
Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2).
- God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde.
- God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God.
- Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
- Hoe is die profesie van Jes 60 op 3 vlakke vervul?
- Hoe is gemeenskap met God moontlik?
- Hoe weet ek dat ek werklik gemeenskap (verhouding) met God het?