Home » preke » Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel

Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Kol 2:6-15.
Fokus: Kol 2:6 (1953 AV).

Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap).
(Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding)
Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor

wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende:

  • Geestelik – dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wilwandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering.
  • Verstandelik – ‘n volwasse dissipel van Jesus sal altyd erken – hoe meer hy God leer ken, hoe meer afhanklik raak hy van God. Hoe meer besef hy hoe nodig hy God het.
  • Emosioneel – ‘n volwasse gelowige leer om in alle omstandighede vergenoeg/tevrede te wees (Fil 4:11).Gelowiges op vlak 3 dissipelskap het daarom voortdurend ‘n behoefte aan bemoediging.
  • Wil – suksesvolle wandel in Christus hang nou af van die dissiplinering van jou wil. Die gedissiplineerdepersoon is ‘n Geesvervulde persoon wat daarna streef om al sy behoeftes in Christus te bevredig.
  • Verhoudings – ‘n volwasse gelowige lewe nie meer vir hom- of haarself nie, maar vir ander.
  • Traumatiese ervarings kan jou weer laat worstel met krisisse van vlak 1, 2 en 3 dissipelskap.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Watter vlakke van dissipelskap kan jy onderskei volgens Kol 2:6-10 en wat beteken elkeen?
  • Behels vlak 3 dissipelskap hoofsaaklik uiterlike dade?
  • Wat kan die effek van traumatiese ervarings wees op ‘n vlak 3 dissipel?
  • Op watter vlak van dissipelskap is jyself en ‘n persoon wat jy begelei as dissipel? Hoe weet jy watter vlakjyself is en ‘n persoon wat jy begelei?