Home » preke » Sondag 28 Augustus 2022 Stephan Briel

Sondag 28 Augustus 2022 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Heb 12:14-24.
Fokus: Heb 12:15.

Betekenis en gevolge van bitterheid (deel 2).

  • Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery.
  • Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot dieposisie van mag en outoriteit in my lewe.
  • Bitterheid verontrus en besoedel nie net jou eie hart nie, maar ook van die persone rondom jou en kan selfs‘n generasie-patroon in jou familie vestig.
  • Sleutel tot vergifnis: Leer om identiteit van gedrag te skei.
  • Nog ‘n gevolg van bitterheid is dat dit jou blokkeer om God se genesende krag en liefde te ontvang.
  • Breek met vergifnis jou selfverdedigings-meganismes af, en laat God se genesende krag en liefde inChristus deur jou vloei.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoe word ek vry van afgodery wat kom deur verbittering?
  • Hoe word baie besmet deur verbittering in jou hart?
  • Bitterheid blokkeer dalk verdere seerkry, maar dit blokkeer ook _________________________?
  • Hoe breek ek generasie-patrone en selfverdedigings-meganismes af?