Home » preke » Sondag 28 Februarie 2021 Stephan Briel

Sondag 28 Februarie 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Hand 2:37- 47
Fokus: Hand 2:42-47

Christus voeg gereddes by die ware liefdesgemeenskap van gelowiges.

1. Christus se reddende optrede vandag.

  • Die boek Handelinge beskryf die handelinge van die opgestane en verhoogde Here Jesus Christus dmv sy apostels en dienaars.
  • Aan die einde van Handelinge staan daar nie “amen” nie want Christus se handelinge gaan vandag nog steeds voort dmv sy dienaars wat gelei word deur sy Gees.
  • Christus voeg vandag nog sy kosbare gereddes by sy gemeente.

2. Is ons waardig dat Christus sy gereddes aan ons kan toevertrou?

  • Vyf fasette van gesonde gemeentegroei: liefdesgemeenskap, dissipelskap, prys en aanbidding, dienswerk en evangelisasie.
  • Die Hand 2 gemeente het soos volg prakties uitvoer gegee aan hierdie 5 fasette van gesonde kerkgroei: hulle het bymekaar gekom in die groot groep by die tempel en hulle het bymekaar gekom in kleiner huisgroepe.
  • Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

    • Hoe het Christus jou al gebruik in sy handelinge om sondaars te red?
    • Wat is die eienskappe van die Hand 2 gemeente wat hulle waardig gemaak het om daagliks te groei met nuwe lidmate?
    • Wat is Christus se groot gebod (Mat 22:36-40) en groot opdrag (Mat 28:18-20) aan sy kerk?
    • Op watter praktiese maniere kan ons uitvoering gee aan die verskillende fasette van gesonde kerkgroei volgens Hand 2:46?