Home » preke » Sondag 7 Maart 2021 Stephan Briel

Sondag 7 Maart 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Hand 2:37- 47.
Fokus: Hand 2:43.

Kenmerke van ‘n waardige gemeente waarby Christus gereddes voeg.

  • ‘n Gemeente wat eerstens ‘n ware liefdesgemeenskap vorm deur die inwonende werking van die Heilige Gees met sy vrug.
  • ‘n Gemeente waarin wonders en tekens plaasvind deur die bemagtigende werking van die Heilige Gees met sy gawes.
  • Redes waarom wonders en tekens (Hand 2:43) baie keer in gemeentes geïgnoreer word: (1)Wonders en tekens word slegs gesien as die bewys van Christus se Godheid en om suiwere doktrines te vestig; (2)Beweging weg van ‘n geestelike oorlogsvoering wêreldbeskouing na ‘n bloudruk wêreldbeskouing.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Wat is die eienskappe van die Hand 2 gemeente wat hulle waardig gemaak het om daagliks te groei met nuwe lidmate?
  • Wat is die implikasie as wonders en tekens slegs gesien word as die bewys van Christus se Godheid en om suiwere doktrines te vestig?
  • Wat is die implikasie van ‘n “bloudruk” wêreldbeskouing vir wonders en tekens in ‘n gemeente vandag?