Home » preke » Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel

Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jes 6:1-13.
Fokus: Jes 6:7.

Die betekenis van die Here se aanraking.

In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus met sy wandel op aarde doelbewus onrein mense voortdurend aangeraak. Hy was die aanrakende Koning! Die “helde” in Jesus se wandel op aarde was tipies die tollenaars, onrein mense en die samelewing se uitgeworpenes en mislukkings. Hierdie persone het Jesus doelbewus aangeraak om sy solidariteit met hulle te bewys en om hulle lewens kragtig te verander.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Noem ‘n paar betekenisse van aanraking.

  • Noem ‘n paar voorbeelde van die gevolge van aanraking in die Ou Testament.

  • Waarom het Jesus mense doelbewus aangeraak?

  • Hoe raak God ons vandag aan as sy kinders op aarde?