Home » preke » Sondag 29 Augustus 2021 Stephan Briel

Sondag 29 Augustus 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jos 5:2-15.
Fokus: Jos 5:13-15.

Is jy aan God se kant?>

Hierdie vraag van Josua of God aan ons kant is, is eintlik ‘n misleidende en verkeerde vraag. Josua het die aanvoerder van die leër van die Here die verkeerde vraag gevra. Die vraag is nie of God aan ons kant is nie.

Die regte vraag is: Is ons aan God se kant?

Die vraag is nie of God Hom sal onderwerp aan jou saak en begeertes nie. Die vraag is of jy jou sal onderwerp aan God?

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Hoekom het Josua die aanvoerder van die leër van die Here die verkeerde vraag gevra?
  • Hoe het Josua gereageer op die antwoord van die aanvoerder van die leër van die Here?
  • Hoe kom ons aan God se kant?