Home » preke » Sondag 5 September 2021 Stephan Briel

Sondag 5 September 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Jos 6:1-21.
Fokus: Jos 6:2,3.

Geloof wat hindernisse laat val.

Die Here belowe in vers 2 dat Hy alreeds Jerigo in Josua se hande oorgegee het (perfektum tydsvorm).

1. Hindernisse wat geloof laat val.

  • Veertig jaar terug reageer 10 verkenners met ‘n selfgerigte lewe en rapporteer: “Nee, ons kan nieteen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons”(Num 13:31).
  • ‘n Selfgerigte lewe laat jou terugval in ‘n eentonige roetine bestaan van oorlewing.

2. Geloof wat hindernisse laat val.

  • Vir 7 dae het hulle in stilte gefokus op die Here se teenwoordigheid en dat Hy belowe het datJerigo alreeds in hulle mag is.
  • Jy moet eers glo dat God se beloftes vir jou waar is in Jesus (2 Kor 1:19,20) voordat jy dit sal ontvang.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Watter hindernis het die Israeliete 40 jaar tevore verhinder om die beloofde land in te neem?
  • Wat is baie keer die gevolg van ‘n selfgerigte lewe? (Num 14:2-4)
  • Hoekom moes die Israeliete eers vir 7 dae om Jerigo loop voordat die mure inmekaar gestort het?
  • Hoekom moes hulle in stilte agter die ark loop om Jerigo? (vgl Jos 6:10,11)