Home » preke » Sondag 5 Desember 2021 Wimpie Jansen van Vuuren

Sondag 5 Desember 2021 Wimpie Jansen van Vuuren

posted in: preke

Ons verwelkom teologiese student Wimpie Jansen van Vuuren by ons.

Skriflesing: Efesiërs 2:17 – 32
Fokusverse: vers 20 – 24

Tema: God herstel ons na Sy beeld, leef daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word.

Hoofpunte:

  • God herstel, deur Christus, Sy kinders na sy beeld.
  • Lewe daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word.

Opsomming van die preek:In die moderne wêreld waarin ons leef is daar baie verdraaide beelde van hoe ‘n Christen se lewe moet lyk. Ons sien elke dag dat mense hulself Christene noem, maar volhard in hulle sondige begeertes. Wat leer die Skrif ons hieroor? Paulus maak dit baie duidelik in Efesiërs 4:17-32 dat ons nie meer soos die ou sondige mense moet lewe nie. Christus het gekom en die mens weer herstel na die beeld van God (hoe God ons oorspronklik geskep het), daarom kan ons nou ook die ou mens aflê en die nuwe mens aantrek deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Daarom kan en moet ons lewe as die nuwe mens waartoe ons, in Christus, geroep is.