Home » preke » Sondag 7 November 2021 Stephan Briel

Sondag 7 November 2021 Stephan Briel

posted in: preke

Lees: Rom 10:14-21.
Fokus: Rom 10:17.

Ons geloof word bepaal deur hoe goed ons God ken.

Hoe beter ons God en sy Woord ken, hoe groter geloof sal ons hê. As ons baie kennis van God se Woord het, baie kennis van Jesus en wat waar is in Hom – dan sal ons ook baie geloof hê. Die geloofshelde van Hebreërs 11 het groot geloof gehad, omdat hulle geweet het dat hulle ‘n groot God het. Groot God, groot geloof!

As ons enigiets aangaande God glo sonder om dit te bevestig vanuit die Bybel, is ons besig om onsself te mislei en moet ons onsself regmaak vir ‘n groot geloofskrisis. Die probleem is dan nie God se betroubaarheid nie maar ons valse oortuiginge aangaande God wat ons geloof ondermyn. Om die waarheid te ontdek moet ons dit vind in die Woord van God.

My verstaan van God verdiep ook elke keer wanneer ek die Woord begin gehoorsaam. Ek mag dalk aanvanklik nie weet waarom God wil hê dat ek iets moet doen nie, maar sodra ek my verbind om dit te doen, verstaan ek baie keer later waarom ek dit moes doen.

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

  • Verduidelik hoe jou kennis van God se Woord jou geloof beïnvloed.
  • Wat staan in die pad dat God se wil in jou lewe geskied?
  • Wat is ‘n Goddelike wonderwerk?
  • Wat glo jy aangaande God se wil vir jou lewe?