Home » Artikels » Gebed » 10 Dae van Gebed voor Pinkster

10 Dae van Gebed voor Pinkster

posted in: Artikels, Gebed

Die oorsprong van 10 Dae van gebed

Jesus se laaste woorde oomblikke voor Sy hemelvaart word gevind in Handelinge 1:8: “… maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Die Bybel sê dat 120 mense in ‘n bo- vertrek in Jerusalem saam gewag en gebid het vir die vervulling van hierdie belofte, wat tien dae later, op die Pinksterdag, gekom het. Deur die eeue heen het die kerk voortgegaan om die tien dae voor Pinkster op dieselfde manier te hou en te bid vir ‘n vars uitstorting van die Gees van God.

Fokus

Die 10 Dae van Dag en Nag Gebed fokus op gebed vir herlewing in die Kerk van Jesus Christus, gemotiveer deur ‘n begeerte van Christene dat God weer Sy Heilige Gees op die kerk sal uitstort, sodat die werke van die eerste kerk ook sal plaasvind in ons leeftyd.

Hierdie jaar

Die 10 Dae van Dag en Nag Gebed is vanaf 21 – 30 Mei 2020 en ‘n spesiale Wêreldbiddag van korporatiewe gebed vir herlewing op Pinkster Sondag, 31 Mei 2020. Ons sal die herlewings in die geskiedenis herdenk en die Here vra vir ‘n hernieude uitstorting van Sy Gees oor die hele wêreld. Ons stel spontane gebede voor, gefasiliteer met getuienisse en / of videogrepe oor herlewing, sowel as die voorgestelde riglyne in hierdie gebedskalender.

Laai die 10 Dae van Gebed voor Pinkster boekie af by Jericho Mure