Bestanddele
500g bruismeel
1/2 teelepel sout
500ml karringmelk
Meng al die bestanddele saam en bak vir 45 tot 60 min by 180 grade C.
Variasies:
Rosyntjiebrood:
Voeg by: 2 teelepels suiker
1 koppie pitlose rosyntjies
Knoffelbrood:
Voeg knoffel by na smaak.
Bierbrood:
Vervang karringmelk met bier.
Geurige brood:
Voeg by 1 pakkie wit uie soppoeier
Kaasbrood:
Voeg by 1/2 koppie gerasperde cheddarkaas plus ekstra om oor broodjie te strooi.
Kaas- en Uie brood:
Voeg by 1 pakkie wit uie soppoeier
1/2 koppie gerasperde cheddarkaas plus ekstra om oor broodjie te strooi