Home » Artikels » Gebed » As God Bid

As God Bid

posted in: Artikels, Gebed

Ons het twee weke gelede die 2de gedeelte, “Wat sê ‘n passievolle God vir God “, hanteer. Ons kan net meer leer hoe Hy (Jesus) met God kommunikeer. In gedeelte 3 kyk ons na:

Die voorvereiste van Gebed.

“If we can come to understand what God the Son said to God the Father on our behalf, perhaps we can enhance our own communication with our Creator, our Master, our heavenly Friend. “

Ons as kinders van God word uitgenooi op ‘n reis, ’n reis na binne in jou. Onthou, Jesus sit aan die regterhand van God, maar Hy woon ook binne jou. God is nie ‘n ver God nie, maar is so naby as jou hart van jou af.

Die mees belangrikste vereiste om op hierdie reis te gaan is ‘n deeglike verstaan van die eerste woord waarmee Jesus begin het in Sy innige gebed in Johannes 17: “Vader…” Nie die gebruiklike Onse Vader nie, nee net Vader. Dit dui vir ons die intieme verhouding wat tussen Jesus en God die Vader bestaan het. Dit is ‘n verhouding wat elkeen van ons moet verkry alvorens ons kan verwag dat ons gebede die beoogde teiken sal bereik.

Tydense ‘n onderhoud met iemand op Radio Kansel het die aanbieder vir die persoon gevra wat sy in buitengewone omstandighede doen. Haar antwoord was: “Ek probeer bid” en nie “ek bid” nie. Die vraag ontstaan of haar gebed deur is hemel toe. Ek kan nie help om te wonder hoeveel van ons het al dieselfde gedoen sonder om ‘n verhouding te hê met Hom nie. Dit is regtig gewaagd vir die een wat nie vir God persoonlik ken nie, om in tye van krisisse skielik te probeer om die deure van die hemel te bestorm met versoeke of eise. As ‘n vreemdeling vir Hom, watter reg het ons om versoeke tot Hom te bid? Hoe kan ons verwag dat ons gebede toegang in die hemel moet kry?
Die antwoord lê in Jesus se eerste woord in Sy gebed aan Vader in Johannes 17: “Vader… “. Jesus nooi ons uit om dieselfde te doen in Matteus 6:6: “Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe.sodat jy in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.”

Al wat van ons gevra word, is om soos Jesus, ‘n persoonlike verhouding met Hom, as Vader, te hê.

Goed, kom ons bid saam:
‘n Persoonlike gebed. (Vul u eie behoeftes in waar van toepassing).
Almagtige God,
Ek kom buig voor U in Jesus naam – nie omdat ek enige meriete of voorkeur het nie, maar alleen in Jesus naam. U Seun het dit moontlik gemaak.
As ek U troon nader, word ek bewus van my sondes en is ek gedring om dit te bely

Ek gryp die gratis geskenk van vergifnis vas.wat U my bied.
Nou verklaar ek, my lewe draai om U beheer. My begeerte is om ‘n verhouding te bou met U en
Mag ek verstaan hoe groot U krag is in ons wat glo.
Ek waardeer U vir die nuwe lewe in U. AMEN