Home » Artikels » Gebed » As God Bid

As God Bid

posted in: Artikels, Gebed

Die derde Hoofstuk kan ons noem: Fotos /“Flitse” van God. In die gedeelte kyk ons na:

Die onbeskryflike God

Die moderne skrywer Eugene Peterson het die volgende stelling gemaak: Gebed is nie deur ons as mense geinisieer nie maar is iets wat deur ons Skepper geinisieer is.

Wanneer ons bid tot ons Vader in die hemel, tot wie presies bid ons? Die Skrif gee vir ons leidrade of gedeeltelike prentjies van God. Tog is niks hiervan genoegsaam om Hom te beskryf nie. Ons weet nie regtig met wie het ons te doen nie! Hy is die ewig onbeskryflik wese -‘n Vers wat Bybelskrywers gebruik is Hebreërs 9:5 om te praat van Sy heerlikheid. Die HAT defineer Heerlikheid as Glans, Skittering , Uitnemende skoonheid, Prag en Voortreflikheid….. Selfs in die definisie kom ons in aanraking met woorde wat nie in ons allerdaagse gebruikstaal voorkom nie. Die lied “Majesteit” is ons reaksie op die Bybelse beskouing van God se heerlikheid.

Kom ons kyk hoe drie Bybelse figure, uit drie verskillende generasies God se heerlikheid beskryf.

Die profeet Jesaja is eerste aan die woord: (Jes.6:1 ) In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. Jesaja sien ‘n heerlikheid wat onbeskryflik is. ‘n Heerlikeid wat die hele tempel oorspoel. ‘n Heerlikheid wat so onbeskryflik groot is dat dit hom maak om neer te val op sy gesig.

Die apostel Johannes bring weer meer duidelikheid as hy sy eerste gesig (flits) van die heerlikheid van die verheerlikte Christus in die hemel beskryf.14 Die hare op sy kop was wit soos wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam.15 Sy voete was soos geelkoper wat in ‘n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ‘n groot watermassa.16 In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ‘n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn. (Openb. 1:14-16)

Neem kennis dat die apostel Johannes ‘n baie noue verhouding met Jesus gehad het toe Hy op aarde was. Hy het selfs met sy kop op Jesus se skouer gelê. Maar toe Hy die verheerlikte Jesus sien wat voor hom staan met oë wat soos vuur gevlam het, het hy in eerbied neergeval.

Die profeet Esegiël kom gee kleur aan die tafereel. 26 ”Bokant die gewelf bo hulle koppe was daar iets soos saffier met die vorm van ‘n troon, en daarop was ‘n gestalte met die voorkoms van ‘n mens, hoog daarbo.27 Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende wit metaal, na iets soos vuur met ‘n rand rondom, en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met ‘n helder glans rondom. Die glans rondom was soos die van die reënboog in die wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor ‘n stem praat.” (Eseg. 1:26-28)

Die beskrywings wat die drie manne gebruik, is so buite die daaglikse gebruikstaal dat ons dit skaars kan begryp. Ons weet egter genoeg van God dat ons begryp dat Hy nie net lig reflekteer nie , Hy is Lig.
Al bogenoemde visioene of flitse is maar ‘n voorsmakie van die onbeskryflike heerlikheid van God. Nie een van die drie persone wat die heerlikheid van God gesien het, kan dit in detail beskryf nie. Bloot omdat daar niemand is na wie God lyk nie. Nieteenstaande die flitse/ visioene gee dit vir ons genoegsame insig oor Sy heerlikheid. Dit dring ons om aan te hou met lofprysing in ons gebede, vir die res van ons lewe en tot in alle ewigheid.

Persoonlike gebed.

Glansryke Een in die hemel
U is baie meer, soveel groter, so ver verhewe bo enige iets wat ons klein menslike verstand ons kan indink. Hierdie beskrywings van U het my gehelp om te verstaan dat U is

U skoonheid is onvergelykbaar, buite enige poging van beskrywing. U alleen is waardig om die heerlikheid te verdien wat soos ‘n reënboog om U skyn.
Wat kan ek U bied – wat kan ek doen! Slegs Lof en Aanbidding vanuit die diepte van my hart. Dit is
AMEN