Home » Artikels » Baksels en Brousels » Baksels en Brousels: Biltongsop – Elzette van Niekerk

Baksels en Brousels: Biltongsop – Elzette van Niekerk

Sop

Bestanddele:
4 blokkies biefekstrak
1 teelepel neutmuskaat
100ml botter
500ml melk
1 koppie gerasperde kaas
100g growwe biltong
1 teelepel koljander
1/2 teelepel swart peper
1 koppie koekmeel
1 liter kookwater
100g fyn biltong
1 blok bloukaas

Smelt die botter.
Krummel die biefekstrakblokkies in die botter in.
Voeg die neutmuskaat, koljander en swart peper by.
Roer in die botter in.
Voeg die meel by.
Meng goed.
Voeg die melk bietjie vir bietjie by.
Voeg diekookwater by.
Roer die hele tyd met ‘n handklitser, anders gaan dit vasbrand.
Roer totdat dit begin borrel en dikker word.
Haal van die stoof af en gooi die kaas by tot gesmelt.
Voeg die fyn biltong en die growwe biltong by.
Bedien in bakkies met gekrummelde bloukaas bo-op.