Home » Artikels » Baksels en Brousels » Baksels en Brousels: Glühwein – Santjie Ferreira

Baksels en Brousels: Glühwein – Santjie Ferreira

Glühwein

Bestandele:

10 g heel naeltjies
2 lemoene
750 ml rooiwyn
250 ml lemoensap
100 ml port
3 kaneelstokkies

Druk die naeltjies in die skil van die lemoene en plaas saam met al die ander bestanddele in ‘n pot.
Bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 10 minute.
Verwyder die kaneelstokkies en lemoene en bedien warm.
Lewer +- 1 liter.