Home » Artikels » Algemeen » Bergbron Covid-19 Handleiding

Bergbron Covid-19 Handleiding

posted in: Algemeen, Artikels

Hierdie dokument het ten doel om die gemeentelede van Bergbron Gemeente riglyne te gee en in te lig oor hoe byeenkomste op die kerkterrein hervat sal word. Hierdie is nodig nou dat die gedeeltelike oopmaak van kerke toegelaat word onder die vlak 3 inperking wat op 1 Junie 2020 begin.

Hierdie riglyne is vir ons deurgegee deur onder andere die Departement van Gesondheid en die Deputate vir skakeling met die owerheid.

Ons wil die proses om terug te keer kerk toe so gemaklik as moontlik maak vir elke gemeentelid. Om die terrein oop te maak is ‘n proses wat spoedig moontlik maar met oorsig hanteer sal word sodat die gemeenskap van gelowiges veilig sal plaasvind.

Met hierdie dokument wil ons gemeentelede gerusstel dat ons almal, groot en klein se veiligheid en belange op die hart dra. Gaan asseblief deur die dokument en kontak ons gerus as jy enige vrae het.

Kliek op die skakel om die handleiding af te laai. Bergbron Gemeente Covid-19 handleiding.

Covidscan app: Daar is ‘n elektroniese opsie vir die wat sou belangstel om die Covid-19 skanderingsproses tuis af te handel voordat jy kerk toe kom. Jou temperatuur sal steeds by die kerk geneem word maar jy hoef dan nie die register te teken nie. Jy moet net die bewys toon dat jy die vrae reeds aanlyn voltooi het. LET WEL: Jy moet steeds by Ankie registreer vir die erediens. Indien jy sou belangstel om van die toepassing gebruik te maak, kontak vir Celéste (082 372 8684) wat jou sal help met die registrasie proses.

Kontak besonderhede

Herder en leraar
COVID-19 Navrae
Ds. Stephan Briel082 253 3029,
[email protected]
Algemene navraeAnkie de Klerk011 672 7130
072 651 8286 
[email protected]
[email protected]
KosterRiana Raath079 812 8730
Siekebediening whatsappgroepLettie van Niekerk063 297 0327
BeradingCeléste Mulder082 372 8684
DiakensFrancois Kruger082 777 0632
FinansiesChristiaan Mulder 082 490 1535
OuderlingePieter de Klerk
Chris Raath
Christiaan Mulder
Gert van Straaten
082 464 9480
061 460 6311
082 490 1535
083 388 0095
MusiekdiensgroepMatt Brummer071 153 0649
Vroue-aksieRiaana Raath079 812 8730
Facebook@bergbrongemeente
YoutubeBergbron Gemeente
MS Teams navraeCeléste Mulder
Matt Brummer
082 372 8684
071 153 0649