Home » Artikels » Algemeen » God se asem tussen die bladsye. Wanneer God fluister.

God se asem tussen die bladsye. Wanneer God fluister.

posted in: Algemeen, Artikels

Ons het 2 Augustus 2020 met ‘n nuwe reeks begin: God se asem tussen die bladsye. Die eerste tema is Wanneer God fluister.

 

 

  1. Kyk na die inleidende video.
  2. Die Bybel is deur God geïnspireer, gesagvol en betroubaar. Lees Ps. 19:8-12 en dink daaroor na.
    Wat het vir jou in hierdie paar verse uitgestaan?
    • Let op die woorde: wet, bepalings, opdragte gebod en beslissings wat gebruik word om die openbaring van die Here aan te dui.
    • Kwaliteite wat aan die openbaring van die Here gekoppel word sluit in volmaak, betroubaar, reg, suiwer, rein en regverdig.
    • God skenk belonings soos lewenskrag, wysheid, blydskap, insig, standvastigheid en regverdigheid aan die mens wat sy openbaring ter harte neem.
  3. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam.” (2 Tim. 3:16 – ‘n Direkte vertaling)
    Dink na aan hoe die Here al met jou gepraat het deur sy woord en dank Hom daarvoor.
  4. Volg die Bybelleesrooster.
    Dag Ou Testament Nuwe Testament
    1 Genesis 1:1-5 Matteus 2:1-12
    2 Exodus 14: 15-31 Markus 1:9-10
    3 Levitikus 19:1-12 Lukas 11: 1-4
    4 Numeri 20:1-13 Johannes 20:1-10
    5 Deuteronomium 6:1-9 Handelinge 2:1-8
    6 Josua 6:1-5  
  5. Kindermoment met gesinne. Deel dit met jou gesin of met jou kleinkinders.
    • Speel die ou “telefoonspeletjie” waar die eerste lid van die gesin ʼn boodskap fluister in die oor van die tweede lid van die gesin.

    • Die boodskap word dan in ʼn fluistertoon na al die lede van die gesin aangestuur – selfs 2 keer in die rondte as die gesin klein is!

    • Laat die laaste persoon dit wat hy/sy gehoor het, hardop verwoord sodat dit vergelyk kan word met die oorspronklike boodskap!

    • Luister ons goed genoeg, of is dit moeilik om te hoor as iemand fluister? Hoe hoor ons God wanneer Hy fluister?

Bestel die volledige studiegids as e-boek of boek by NG Kerk Witrivier e-boek of NG Kerk Witrivier boek.