Home » Artikels » Algemeen » God se Asem tussen die Bladsye #2 – Om God se Wil te Google

God se Asem tussen die Bladsye #2 – Om God se Wil te Google

posted in: Algemeen, Artikels

16 Augistus 2020: God se asem tussen die bladsye. Die  tema is Om God se Wil te Google.

 

 

  1. …sodat hulle God kan soek, in die hoop dat hulle na Hom kan uitreik en Hom kan vind, want Hy is nie ver van elkeen van ons af nie.” (Hand. 17:27 – Direkte vertaling)
  2. Kyk na die inleidende video.
  3. God maak Hom aan ons bekend deur die Bybel. Lees Ps. 119, Joh. 1:9-18 en Hebr. 1:1-3 en dink daaroor na. Wat het vir jou in hierdie paar verse uitgestaan?
    • In die Ou testament het God Hom bekend gemaak deur die wet van profete, maar in die Nuwe Testament het God Hom bekend gemaak deur Jesus. Wie Jesus gesien het, het die Vader gesien en wie Jesus leer ken, leer die Vader ken. Jesus is die Woord wat lewend geword het en daarom is sy woorde so spesiaal.
    • Ons leer God ken deur die Bybel te bestudeer en onderrig te word daarin (Gal. 6:6; Hebr. 5:12).
    • Die Woord van die Here bring vreugde. Hoe meer mens die Bybel kan toepas in jou lewe, hoe groter is jou vreugde.
    • Jesus is die Lewende Woord van God (1 Pet. 1:23; Heb. 4:12).
  4. Wat is jou gunsteling vers / verse in die Bybel. Deel met jou geliefdes hoekom.
  5. Volg die Bybelleesrooster.
    Dag Ou Testament Nuwe Testament
    1 Rigters 7:7-15 Romeine 8:31-39
    2 Rut 1:14-19 1 Korintiërs 13:1-13
    3 1 Samuel 16:11-13 2 Korintiërs 5:16-2
    4 1 Konings 3:4-9 Galasiërs 5:22-26
    5 2 Kronieke 6:1-11 Efesiërs 6:10-17
    6 Esra 7:7-10  
  6. Kindermoment met gesinne. Deel dit met jou gesin of met jou kleinkinders.
    • Lees Psalm 119:9–16
    • Memoriseer vers 9 saam met die kinders en vra vir hulle of hulle dink dit is moontlik vir ʼn jongmens om sy / haar lewe skoon te hou in die wêreld waarin ons leef met selfone en tv-programme
    • Praat met mekaar oor die belangrikheid en die effek wat vers 16 op ʼn mens se lewe kan hê.
    •  

Bestel die volledige studiegids as e-boek of boek by NG Kerk Witrivier e-boek of NG Kerk Witrivier boek.