Home » Artikels » God se Asem tussen die Bladsye #3(Asem IN – Asem UIT)

God se Asem tussen die Bladsye #3(Asem IN – Asem UIT)

posted in: Artikels

23 Augistus 2020: God se asem tussen die bladsye. Die  tema is Asem in … Asem uit …

 

 

  1. “Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddelose mense volg, nie op die pad van sondaars staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie, maar wat vreugde in die wet van die Here vind en sy wet dag en nag prewelend opsê. So iemand sal wees soos ‘n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy.” (Ps. 1:1-3 – Direkte vertaling)
  2. Kyk na die inleidende video.
  3. God maak Hom aan ons bekend deur die Bybel. Lees Ps. 1:1-3 en Deut. 6:4-9 en dink daaroor na. Wat het vir jou in hierdie paar verse uitgestaan?
    • Jy moet die Here jou God liefhê met hart en siel en met al jou krag.
    • Die Here gee aan ons riglyne in Deut. 6:4-9 en Ps. 1 om ons te help om nie van sy liefde te vergeet nie: dit moet in jou gedagtes bly; skerp dit by jou kinders in; praat met ander oor die Here se Woord op pad … soggens en saans …; Maak ‘n herinneringsteken; ‘skryf’ dit op plekke waar mense dit kan sien; Nav Ps. 1 – oordink dit gedurig, dag en nag.
    • Hoe kan jy jouself en jou geliefdes herinner aan God se liefde? Dink aan ‘n paar praktiese en kreatiewe maniere en pas dit toe.
    • Dink hieroor na: Die Bybel is God se liefdesbrief wat Hy aan elkeen van ons persoonlik rig. Volg gerus hierdie skakel: https://www.youtube.com/watch?v=6TcxA_7_fi8
    • Watter boek van die Bybel is jy tans besig om te lees? Wat staan vir jou die meeste daarvan uit? Deel die gedagtes met jou geliefdes.
  4. Volg die Bybelleesrooster.
    Dag Ou Testament Nuwe Testament
    1 Nehemia 2:11-18 Filippense 4:4-9
    2 Ester 4:12-17 Kolossense 3:12-17
    3 Job 42:1-6 1 Tessalonisense 4:13-18
    4 Psalm 8:1-10 2 Tessalonisense 2:13-17
    5 Spreuke 3:1-10  Efesiërs 6:10-17
    6 Prediker 1:1-11  
  5. Kindermoment met gesinne. Deel dit met jou gesin of met jou kleinkinders.
    • Lees Matteus 4:1-11
    • Vertel vir mekaar hoe het Jesus elke keer die versoeking van die duiwel weerstaan. (Hy het telkens geantwoord: “Daar staan geskrywe ….”)
    • Vra vir mekaar of ons die Bybel goed genoeg ken om in ʼn gesprek vir iemand anders te kan sê: “Onthou,daar staan in die Bybel geskryf: …………………………”
    • Ken ons teksverse wat ons geloof anker?

Bestel die volledige studiegids as e-boek of boek by NG Kerk Witrivier e-boek of NG Kerk Witrivier boek.