Home » Artikels » Gebed » Gebed: Verootmoediging & Sondebelydenis (vervolg)

Gebed: Verootmoediging & Sondebelydenis (vervolg)

posted in: Artikels, Gebed
gebed


Wat gebeur met my sonde wanneer ek dit bely?

  1. Dit word baie ver verwyder – soos die ooste van die weste. (Ps.103:12)
  2. God gooi dit waar Hy dit nie kan sien nie. (Jes.38:17)
  3. God reken die sondeskuld nie toe nie. “… dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie” (2 Kor.5:19).
    “U het u volk sy sonde nie toegereken nie, hom al sy skuld kwytgeskeld” (Ps.85:3).
  4. God vergewe ons ons sonde. “En Natan sê vir Dawid.- Die Here het jou sonde vergewe jy sal nie nou sterwe nie” (2 Sam.12:13).
    “Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees” (Ps.103:3).
  5. God werp ons sondes in die diepte van die see. “U sal al hulle sondes in die diepsee gooi” (Miga 7:19).
  6. God versoen ons sondes. “En Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld” (1 Joh.2:2).
  7. God maak ons skoon van die smet van sonde. (Jes.1:18 en Op.1:5).
  8. Jesus, die Lam van God, het ons sondes gedra. (Joh.1:29).
  9. Jesus het vir ons sonde geword. (2 Kor.5:21).
  10. Jesus maak ons vry van die slawerny van die sonde. (Joh.8:34-36).
  11. God dink nie verder aan ons sondes nie. (Jes.43:25 en Jer.31:34).
  12. Ons sondes sal gesoek maar nie gekry word nie. “Dan, in daardie tyd, sê die Here, sal daar navraag gedoen word na die sonde van Israel, na die oortredings van Juda, maar daar sal niks wees nie, niks gevind word nie, want Ek sal die sonde van dié wat Ek laat oorbly, vergewe” (Jer.50:20).
  13. Die Heilige Gees gee ons die versekering dat ons sondes vergewe is. “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” (Rom.8:16).

Gebed: Onse Vader wat in die hemel is, Here, dankie dat as U ons vrymaak van sonde,ons werklik vry sal wees (Joh. 8:36).
Amen.

Gebed vir kinders: Ef. 6:2 Ons bid Vader dat kinders hulle Vader en moeder sal eer