Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 5 Junie 2022 Stephan Briel

Lees: Eseg 47:1-12 en Joh 7:37-44. Fokus: Joh 7:37-39. Die strome lewende water van die Heilige Gees. Na aanleiding van Eseg 47:1-9 en Sag 13:1 het die volk geglo dat daar in die laaste dae ‘n stroom water uit die … Lees Meer

Sondag 29 Mei 2022 Stephan Briel

Lees: Psalm 126. Fokus: Psalm 126:1. As die Here ons lot verander, is dit soos ‘n droom! Die Psalmdigter weet: God wat die lot van sy volk in die verlede verander het, kan en wil dit nou weer doen. Ook … Lees Meer

Sondag 22 Mei 2022 Stephan Briel

Lees: Rigters 11:1-12 en 28-40. Fokus: Rigters 11:29. Oorkoming van struikelblokke in jou verlede. Jefta het met verskriklike verwerping en skaamte groot geword. Hierdie ervaring het Jefta geleer om ‘n geharde vegter en leier te word. God gebruik al die … Lees Meer

Sondag 15 Mei 2022 Nico van der Walt

Preekteks: Joh 1:12-13; 3:3-7 Tema/Titel: Wat op aarde is ’n Christen? Hoofpunt: Reddende, ervaarbare en waarneembare Christenskap begin met die wedergeboorte. Wat kan ons hieroor uit ons twee teksgedeeltes leer?

Sondag 8 Mei 2022 Stephan Briel

Lees: Gen 3:1-6 en Joh 2:12-17. Fokus: 1 Joh 2:16 (1953 AV). Oorwinning van Satan se drievoudige versoekings. Die begeerlikheid van die vlees teer op al ons fisiese liggaamlike behoeftes (voedsel, kleding, seksuele behoeftes, ens) en die vervulling daarvan in … Lees Meer

Sondag 1 Mei 2022 Stephan Briel

Lees: Daniël 2. Fokus: Daniël 2:14,18. Hoe om die lewe te hanteer wat blyk asof dit buite beheer is.

Sondag 24 April 2022 Stephan Briel

Lees: Gal 6:7-8 en 1 Tes 5:12-28. Fokus: 1 Tes 5:23. Jy is alreeds nou in jou wedergebore gees wat Jesus Christus is. Paulus sluit ‘n groot aantal riglyne (hoe om op die akker van die Gees te saai) af … Lees Meer

Sondag 17 April 2022 Christiaan Mulder

Lees: Lukas 17: 11 – 37 en Psalm 46: 1 – 11 Die teenwoordigheid van God. Immanuel, God met ons

1 21 22 23 24 25 26 27 47