Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Die dank- en troosdiens vir Martie Ackerman het Donderdag 2 Julie 2020 plaas gevind. Ons deel graag die bemoedigende boodskap met die wat nie daar kon wees nie weens die Covid-19 regulasies. Ons bid dat God se liefde, genade en … Lees Meer
Lees: Num 13:26 – 14:25. Fokus: Num 14:23,24. God gee sy beloftes aan gelowiges met ‘n oorwinnaars-gesindheid. 1. Invloed van ‘n slawerny-gesindheid. (v 2-4) Met ‘n slawerny-mentaliteit is jy nie geskik om God se beloftes te ontvang nie. 2. Invloed … Lees Meer
Lees: Fil 2:1-11. Fokus: Fil 2:5-11. Dra die krone van Jesus Christus! Jesus Christus het die kroon van die sondige wêreld gedra wat verlossing benodig (verse 6,7). Jesus Christus het die doring-kroon van lyding gedra wat verlossing bring (vers 8). … Lees Meer
Lees: 1 Kor 12:1-13,27-31. Fokus: 1 Kor 12:4-6. Die Drie-enige God is betrokke by die geestelike gawes. V4: Verskeidenheid genadegawes maar dieselfde Gees (Derde Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V5: Verskeidenheid bedieninge maar dieselfde Here Jesus Christus (Tweede Persoon van … Lees Meer