Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.



Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 24 Mei 2020 Stephan Briel

Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se … Lees Meer

Donderdag 21 Mei 2020 Hemelvaart Hendrik van Deventer

Hemelvaart 21 Mei 2020 Dr. Hendrik van Deventer Skrifgedeelte: Matt. 6: 9-10

Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel

Lees: Hand 10:34-43. Fokus: Hand 10:38. Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam. Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig. … Lees Meer

Woensdag 13 Mei 2020 Stephan Briel

Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees: 2 Kor. 7:9,10  Tema: “Die Heilige Gees se oortuiging van sondes teenoor die duiwel se aanklagte”.

Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel

Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8.  Tema: Die Heilige Gees as ‘Parakleet’. Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus. Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se … Lees Meer

Woensdag 06 Mei 2020 Stephan Briel

Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Joh. 14:30 Tema: Die owerste van die wêreld het niks in My nie.

Sondag 3 Mei 2020 Stephan Briel

Lees Num. 11:26-29.  Die Heilige Gees maak jou vry om jou gawes te gebruik in God se koningkryk. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=bfqALh9vxNQ

Woensdag 29 April 2020 Stephan Briel

Lees Markus 6: 35-44 n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.

1 26 27 28 29 30 31 32