Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.



Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 1 Maart 2020 Stephan Briel

Lees: Rom 6: 1-14 (1933/53 Vertaling). Fokus: Rom 6: 11, 12.. Oorwinning oor sonde. 1. In Christus is jy vir die sonde dood.  Baie Christene probeer vir die sonde sterf terwyl hulle alreeds dood is vir die sonde in … Lees Meer

Sondag 8 Maart 2020 Stephan Briel

Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die ontstaan en oorwinning van wellus. 1. Ontstaan van wellus.   Desensitisering.   Rus en ontspanning.   Verkeerde plek op die verkeerde tyd.   Rasionalisasie.   Degenerasie(egbreuk, leuens en moord). 2. Oorwinning … Lees Meer

Sondag 15 Maart 2020 Stephan Briel

Lees: Jak 4:1-10 en Rom 7:15-25. Fokus: Jak 4:7. Bevryding van sondige gewoontes deur jouself aan God te onderwerp. Belydenis van sondes en vergifnis is die eerste stap om jouself onder die beheer van God te bring. Dit is ook … Lees Meer

Sondag 22 Maart 2020 Stephan Briel

Preek van Sondag 22 Maart 2020 by Bergbron Gereformeerde Kerk deur Stephan Briel. Teks  1 Petrus 5: 1-11.

1 29 30 31 32