Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: Luk 7:11-17. Fokus: Luk 7:13-17. ‘n Botsing tussen die Lewe en dood. n Begrafnisstoet van smart en hopeloosheid. Die stoet van Lewe en hoop. ‘n Nuwe stoet van oorwinning en feesviering. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: … Lees Meer
Lees: Luk 11:1-13. Fokus: Luk 11:2. Laat U koninkryk kom. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens … Lees Meer
Lees: 1 Joh 2:7-17. Fokus: 1 Joh 2:13b en 14b. Ontgroei jou kinderskoene deur die Bose te oorwin. Niemand het die “delete” knoppie in ons geheue gedruk met ons wedergeboorte nie. As Johannes twee keer verwys na die jongmense wat … Lees Meer
Lees:Psalm 23 Niks sal ons ontbreek nie. Die Psalm het pragtige temas en beeldspraak wat ‘n diep boodskap van sorg en ook gemeenskap met ons Here Jesus Christus, die Goeie Herder, aan ons digterlik uitbeeld.