Bybel, Oorfone, Koffie

Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.

As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.


Video van die preke is ook beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCzOH77672SjyW2BtKLKG8eA

Sondag 20 September 2020 Stephan Briel

Lees: Rom 15:1-13. Fokus: Rom 15:4. Hoop vir almal! Gebruik die Skrif van standvastigheid en bemoediging teen die volgende hoop-dempers: Swaarkry en lyding. Wettiesheid. Stryd en verdeeldheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die “hoop” in … Lees Meer

Woensdag 16 September 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap met die tema “Slegs God is God!”

Sondag 13 September 2020 Stephan Briel

Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (1953 Vertaling). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 2).  Volhard ten spyte van te nakoming. Volharding ondanks kompetisie. Volharding te midde van ons geloof wat beproef en … Lees Meer

Woensdag 9 September 2020 Pieter de Klerk

‘n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk ivm die Covid 19 pandemie.

Sondag 6 September 2020 Stephan Briel

Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (1953 Vertaling). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 1). Paulus het met insig gelewe waaroor sy lewe en omstandighede gaan en kon daarom volhard in die geloofswedloop … Lees Meer

Woensdag 2 September 2020 Stephan Briel

‘n Bemoedigende boodskap uit 1 Joh 2:15-17 “Satan se drievoudige versoekings”

Sondag 30 Augustus 2020 Sebastian Floor

Ons verwelkom vandag vir Sebastian Floor wat die Woord vir ons bedien.  Lees: Psalm 119: 105 Die Woord as die lig vir ons pad.

Woensdag 26 Augustus 2020 Bemoedigende Boodskap van Ds. Cassie Aucamp

‘n Boodskap van Ds. Cassie Aucamp na die tragiese gebeure Sondag 16 Augustus 2020. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kalahari-tragedie-gesin-uitgewis-na-pa-ook-sterf/

1 37 38 39 40 41 42 43 47