Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 2 Tim 3:1-17. Fokus: 2 Tim 3:14-17. Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord. Die bedrieërs wat jou wil verlei Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel … Lees Meer
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11, 20-23. Fokus: Gen 11:6,7 (1953 Vertaling). Vereistes vir God se bonatuurlike werking deur ons. Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2) hulle het ‘n … Lees Meer
Lees: Luk 4:1-13. Fokus: Luk 4:3,10. Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en … Lees Meer
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:12 (OAV). Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte. Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te … Lees Meer