Bergbron se preekopnames is aanlyn beskikbaar as ‘n “podcast”. Jy kan hier luister na die preke of gebruik maak van ‘n “podcast app” op jou selfoon. Ons het probeer om op soveel as moontlik podcast platforms te registreer. Indien jy ‘n podcast app gebruik waar ons nie geregistreer is nie, laat weet ons, dan kyk ons of ons daar kan registreer.
As jy op jou slimfoon luister is dit beter om van ‘n app gebruik te maak. Die meeste apps laat jou ook toe om die preek af te laai sodat jy dit kan luister as jy nie aanlyn is nie. Die podcast apps kan ook ingestel word om ‘n kennisgewing op jou foon te gee as daar ‘n nuwe preek opgelaai is. Kliek op die listen on “buttons” om die apps direk oop te maak op jou foon by bergbron se preke.
Lees: 2 Kor 5: 11-21 (OAV). Fokus: 2 Kor 5: 18. As gelowige is ek ‘n bedienaar van die versoening in Christus. 1. “Is jy met God versoen?” Dit is nie ‘n vraag: of jy godsdienstig is, of jy meen … Lees Meer
Lees: Rom 8:1-17. Fokus: Rom 8:14. Die Gees verseker ons dat ons kinders van God is, en sy wonderlike beloftes in Christus sal ontvang. Kinders van God word gelei deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees werk inwonend in jou … Lees Meer
Lees: Psalm 125. Fokus: Psalm 125:1,2. God is by ons met sy beskerming en oorwinning! Te midde van al die onsekerhede wat môre en oormôre vir ons inhou, dra ons dié één groot sekerheid met ons saam: God is met … Lees Meer