“Bid dan die Here van die oes” of, GEBED VOORSIEN ARBEIDERS “
Toe sê Hy vir Sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur
In die Heidelbergse Kategismus belei ons dat gebed die belangrikste deel van die dankbaarheid is wat God van ons verwag. Daarom plaas ons ook gereeld artikels oor gebed op die webblad.
Sien: Psalm 50:14-15, Matteus 7:7-8, Lukas 11:9-10, Lukas 11:13, 1 Tessalonisense 5:17-18
Sondag: 45 – VRAAG EN ANTWOORD: 116
Vraag: Waarom is die gebed vir die Christene nodig?
Antwoord: Omdat dit die vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van ons eis: En omdat God sy genade en Heilige Gees alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank.
.
Toe sê Hy vir Sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag uitstuur
Wat gebeur met my sonde wanneer ek dit bely? Dit word baie ver verwyder – soos die ooste van die weste. (Ps.103:12) God gooi dit waar Hy dit nie kan sien nie. (Jes.38:17) God reken die sondeskuld nie toe nie. … Lees Meer
Belydenis en berou is nie iets wat net by die boetwaardige sondaar of net by bekering hoort nie. Die woord bekering word op twee maniere in die Bybel gebruik. ‘n Persoon wat Jesus Christus vir die eerste keer as sy … Lees Meer
Ons gaan in die volgende artikels fokus op Verootmoediging en Sondebelydenis. Bid dat die Heilige Gees aan jou sal openbaar wat moontlik tussen jou en die Here staan. Kom ons bely dit en plaas dit agter ons, sodat ons ‘n … Lees Meer
Die oorsprong van 10 Dae van gebed Jesus se laaste woorde oomblikke voor Sy hemelvaart word gevind in Handelinge 1:8: “… maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in … Lees Meer
Maandag 1 Aug 2016 17:00 – 19:00 Daar sal DV Maandagaand ‘n byeenkoms onder leiding van Ds Stephan Briel en Gerhard Botha by ons kerkgebou wees waarheen die omliggende gemeentes, skole en alle belangstellende gelowiges in die omgewing genooi is. … Lees Meer
Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat ‘n mens ‘n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ‘n ander vorm van … Lees Meer
Die derde Hoofstuk kan ons noem: Fotos /“Flitse” van God. In die gedeelte kyk ons na: Die onbeskryflike God Die moderne skrywer Eugene Peterson het die volgende stelling gemaak: Gebed is nie deur ons as mense geinisieer nie maar is … Lees Meer
Ons het twee weke gelede die 2de gedeelte, “Wat sê ‘n passievolle God vir God “, hanteer. Ons kan net meer leer hoe Hy (Jesus) met God kommunikeer. In gedeelte 3 kyk ons na: Die voorvereiste van Gebed. “If we … Lees Meer
Inleiding: Ons het laasweek ons eerste gedeelte – Jesus se gebed soos in Johannes 17 hanteer. “Ontdek die patroon van Goddelike gebed”, is geplaas in die rakkies agter in die kerk. In die volgende weke wil ons dieper delf en … Lees Meer